As jy nie 'n wasmasjien in Kaapstad het nie, was jy jou klere by die naaste washoekie. Myne is Speediwash in Buitekantstraat, Gardens.
Híér het ek gister vir Joseph Pietersen agter sy naaimasjien ontmoet. Joseph of "Josefaat" soos "Ma" Christine Oliphant, die eienares, hom noem.
Joseph sit vandag weer agter sy naaimasjien en stik. Hy het dieselfde klere as gister aan, 'n mooi pak wat trek op 'n safaripak wat hy self gemaak het.
Sy maer bene trap die voetstuk van die Brother Exedra-masjien. Soms is 'n kierie sy beenbroer.
Garetolletjies in alle kleure van die reënboog boog bo hom uit.
Dit is 'n stil dag in die winkel. Ek gaan sit langs hom op die skaal waarop klere geweeg word.
Joseph wat my boekie om sy naam neer te skryf. Toe hy sy ouderdom moes neerskryf roep hy: "Ma, hoe oud is ek nou weer."
Ma sê: "Joseph, jy is nou 53. Jou tweelingsussie het so gesê."
"Dan is ek 53."
Joseph trek skielik weg met sy storie. "Ek en my tweelingsussie is gebore in Roelandstraat-gevangenis.
Ek het nie my pa geken nie. My ma was in die gevangenis. Ek het nog 'n sussie, haar naam is Mary. Vandag is sy Mary Baadjies.
"Ons was jonk weggevat by my ma. Ons het maar van huis na huis geswerf. Toe is ons by 'n Muslim-man wat 'n kleremaker was. Ek het hom begin help en toe geniet ek dit baie.
"Later was 'n gangster."
Hy raak stil. Trane begin in sy oop opwen en soos silwer garingdrade van van sy wange afrol.
"Ek het net die motor gery. Die ander twee het die doodstraf gekry vir die moord op Tafelberg. Ek het 19 jaar gekry. Geen parool. Niks.
"Maar ek het klere in die tronk design en gemaak. Ek het die oorpakke se kleure verander van groen na oranje. Die groenes is afgeskryf.
"Later is dit so in die parlement goedgekeur. Vandag dra hulle my oranje pakke.
"Toe ek uitkom het ek onder die brug begin gebedel. Hy noem dat hy ook twee keer in die maag geskiet is en die voorval oorleef het.
"Ek was vir meer as 2 jaar in 'n wheelchair.
"Toe kry Ma my op straat en sy plek vir my hier.
"Vandag is ek drie en 'n halwe jaar hier. Hierdie werk het my lewe verander. Ek het al drie keer die prys gekry vir die beste Kaapse Klopse klere. Dan maak ek koorklere, skoolklere, alles."
Joseph tel 'n rooi sakkie langs hom op. Hy haal 'n pak vol pille uit. Ek het 'n erge vorm van hyper epilepsie. Al hierdie pille, moet ek drink."
Hy bly in 'n klein kamertjie vir haweloses in Woodstock. Joseph kom elke dag werk toe en sit van vroeg tot saans voor sy Brother, sy beste vriend. Ma is altyd naby.
"Ek hou van die lewe. Dit is 'n blessing om elke dag te lewe. Ek worry nie oor vriende nie. Die mense vir wie ek klere maak is my vriende."
Joseph het sy brother en baie gekleurde garingdrade wat sy lewe weer saamgeryg het. #bethechange #marzahnbothaphotography #makingadifference #mizaniphotos #followeme #portraitphotography #streetphotography
Comments